Ongemaklike fotos
Die term word in fotografiese groepe vir fotos gebruik waar die plasing van
die inhoud ongemaklik vertoon. Ek en Frieda se jarelange ondervinding in
Nasionale en Internasionale Fotografiese salonne beoordeling het baie daarmee te
doen gekry met ander beoordeellaars. Interesant kom dit ook voor by
skilders wat deur die eeue uitgevind het waar moet jy mense, diere ens sny
(crop) om die foto of skilderye gemaklik te laat vertoon.
Kom ons kyk daarna
Mense
Hier het ons 'n foto van 'n mooi model teen 'n wit agtergrond (met die
komplimente van Frieda van der Walt)
Diere
Mooi klein swart babakat
|
Ons model te fraai |
|
Nou hier moet jy nie sny (crop) nie. Jou fotos sal net
nie gemaklik op die oog wees nie. |
|
Hier is die regte plekke. By diere ingesluit wilde diere is
dit net portret of ten volle. Lyk dan net reg. |
Voëls
Ons model 'n Skoorsteenveer (heilige Ibus)
|
|
|
Sny die voël hier en jy gaan baie ongelukkig wees as jy
deelneem in Salonne of kompetisies. Vertoon net ongemaklik. |
|
Hier is dit korrek en net soos by diere net portret of ten
volle. |
Onthou ook net dat dit nie die wet van Mede en Perse is
nie! 'n Baie sterk dinamiese foto kan nog 'n wenner wees al lyk dit
ongemaklik! Maar dis die uitsondering!
Hoop dat help julle almal!
Groete
Jan en Frieda
|