Inleiding tot beligting , lensopeninge en sluiterspoed van kameras.
Die konsep van die kamera f-stop word nie altyd reg verstaan deur amateur fotograwe nie. Die meeste mense het so ‘n idee waaroor dit gaan maar nie almal
verstaan die beginsels ten volle nie.
Beligting
Voor ons verder praat van sluiter spoed en f-stop moet ons eers presies weet wat die term beligting beteken. Beligting is die hoeveelheid lig wat benodig word om ‘n film korrek te belig. Dit beteken om die onderwerp bloot te stel aan lig
Die beste wat ek dit nog ooit gehoor verduidelik is is die voorbeeld van om ‘n emmer vol water te maak. Wanneer ons van beligting praat is twee onderwerpe van belang,
sluiterspoed en f-stop. Stel jou voor jy beheer die kraan waarmee jy die emmer vol maak. Daar beheer jy hoe vinnig die water in die emmer vloei en hoe lank neem dit om die emmer vol te maak.
Jou doel is om die emmer net tot sy bokant vol te maak sonder dat dit oorloop (oorbeligting)
Daar is baie maniere om dit reg te kry maar jy moet die spesifieke waarde kry. As ‘n voorbeeld kan jy die water vinnig laat uitkom vir ‘n kort tydperk, of jy kan die water stadig laat drup vir ‘n baie lang tydperk.
Dink aan die f-stop as ‘n maatstaf hoe vinnig die water uit kom. Sluiterspoed is die maatstaf hoe lank dit neem voor jy die kraan moet toe maak.
Sluiterspoed
Soos ek nou verduidelik het sluiterspoed meet hoe lank die beligting neem. Sluiterspoed werk in dubbel / halwe skale.
2 sekondes, 1 sekonde, ½ sekonde, ¼ sekonde, 1/8 sekonde, 1/15 sekonde, 1/30 sekonde, 1/60 sekonde, 1/120 sekonde ens.
F-stop (lensopeninge)
Soos ek verduidelik het f-stop is die maatstaf van hoe vinnig die lig inkom maar wat beteken f-stop? Dit is hoe groot jou lens opening oopmaak.
.
Ons ken almal die bekende f-stop waardes.
F2.8, f4.0, f5.6, f8, f11
Op die skaal beteken dit dat f2.8 dubbel die hoeveelheid lig deurlaat as f4.0. Dit beteken dat f2.8 (kleinste getal die meeste lig deurlaat lensopening maak die grootste oop) en f11 die minste lig (lensopening maak die kleinste oop)
Lensopening is fisies hoe groot die lens se opening is. Ons weet almal dat ‘n lensopening kan groter en kleiner oopmaak, baie soos ‘n mens se oë se pupille aanpas by lig en duisternis. As dit donker is maak ons pupille groter oop om meer lig deur te laat. Dis waarom mens se oë skielik seer kry as iemand die vertrek se lig aansit!
Nou verstaan ons beter ons maak die kraan groot oop on die emmer vol te maak en weer vinnig toe. Groot lens opening soos f2.8 en vinnige sluiterspoed soos 1/500 van ‘n sekonde. Of ons maak die kraan klein oop en wag lank om weer die kraan toe te maak. Klein lens opening soos f8 en stadige spoed soos 1/60 van ‘n sekonde.
By digitale kameras het ons nie film nie maar die ccd wat die beeld opvang digital in die kamera. Werk dieselfde! Hoe sensitief die film is vir lig teenoor hoe sensitief die ccd is vir lig!
Hierdie lig sensitiwiteit word gemeet in jou film se ASA. ASA 50 of ASA 100 stadig en baie lig nodig. Baie goeie kwaliteit en kleur saturasie.
ASA 200, 400 0f 800 die sogenaamde vinnige film baie meer sensitief vir lig maar jy betaal vir meer grein en swakker kleur. Jou digitale kamera het ook die verstellings! Meeste van hulle!
Met outomatiese digitale kameras waarom het ons die inligting nodig? In
volgende artikels geskryf deur Frieda van der Walt verduidelik ons dit!000
Groete
Frieda Prinsloo