Komposisie en balans in fotos
Soms neem twee mense dieselfde toneel. Die een se foto het daardie iets
ekstra en lyk net reg terwyl die ander een sin alhoewel beligting en skerpte reg
is net nie dieselfde impak het nie. Waarom?
As 'n mens na die ou meesters se
skilderye kyk sien mens iets wat hulle geweet het. Die manier waarop 'n mens na
'n skildery kyk en waarneem, Wat was dit? Hulle was fyn kenners van
komposisie en balans in skilderstukke.
Kom ons kyk na 'n fotografiese
voorbeeld. Twee fotos word geneem van 'n see toneel.
Watter een het die meeste impak? Die eerste fotograaf is die son reg in
die middel en die see horisonlyn sny reg in die middel.
Die tweede fotograaf
was slimmer het gebruik gemaak van komposisie van derdes, die son is twee derdes
na die kant op foto en die see horisonlyn een derde van onder. Ook het hy
met fyn waarneming op die teenoorgestelde kant van die son 'n klein bootjie
raakgesien.. Balans! Sy poging is definitief die beste een!
So kry
ons komposisie van derdes ook soms van vyfdes wat oulik werk.
Kyk na die twee kinder potret
fotos. By die tweede een het die fotograaf kopspasie verminder en die kind
se foto op 'n derde geplaas met die spasie voor hom in die rigting wat die kind
kyk. 'n Mens se oog gaan altyd van die linkerkant na die regterkant.
Onthou
net altyd in portrette om altyd 'n spasie in die rigting wat die persoon kyk te
los.
Kyk of julle die
komposisie in hierdie portret kan sien.
Komposisie van derdes maar ook 'n
diaginale komposisie. Het goed gewerk,
En
hierdie foto? Komposisie van vyfdes met mooi balans tussen die boom en die
koppie.
Bestudeer
skilderye en suksesvolle fotos. Leer daaruit. Met digitale fotos kan mens
altyd jou foto sny (crop) soos jy dit wil hê.
Geniet dit!
Jan Prinsloo