|
|
|
| Welkom by die SA Digitale Kamera Klub Inleiding: Ek en my man was al vir jare betrokke by Fotoklubs. Was jare betrokke in die bestuur van klubs en ook as beoordelaars opgetree by klubs asook nasionale en internasionale fotografiese salonne. Klubs was nog altyd 'n manier waar jy jou werk kon deel met ander asook nuttige wenke kry. Ons het in verskeie afdelings deelgeneem en ook vir jare ons eie kleur vergrotings gemaak. In 1985 verkry ek ook my APSSA by die Suid Afrikaanse Fotografiese Vereniging (Photographic Society of Southern Africa) 'n Hoogtepunt in my lewe! Lekker jare! Die laaste paar jaar het ons afgetree en toe meer begin belangstel in digitale kameras en digitale video kameras. Ook met die verwerking van die digitale fotos. Digitale kameras veroorsaak dat 'n magdom van fotos afgeneem word...soms besondere goeie werk. Maar met wie deel jy dit? 'n Vriend of twee en familielede waarnatoe jy van die fotos soms e-mail. En dan vergete op 'n cd of op 'n hardeskyf van 'n rekenaar! Fotografie is 'n kunsform en jou kamera jou toerusting en in elke goeie fotograaf is daar die hunkering na die perfekte foto. Daardie een wat keer op keer jou hartsnare roer, daardie een wat jy ook vir ander wil wys en oor gesels! Fotoklubs is nie orals beskikbaar nie daarom het die gedagte by my man en ek oorgekom om 'n afrikaanse digitale klub te stig waaraan enigeen dwarsoor ons pragtige land kan behoort en hulle fotos, kennis en liefde vir fotografie met mekaar kan deel.
Hoe om aantesluit: Kliek op Lidmaatskap aansoek en vul data in. U sal dan later gekontak word met informasie oor betaling en res van informasie wat benodig word. Inligting soos naam en van, dorp of stad woonagtig asook gesig foto sal op Lede bladsy verskyn. Ander inligting soos e-mail en telefoonnommer sal alleenlik aan ander lede verskaf word. Onthou ouderdom is geen faktor nie! Ledegeld: Enkellid - R100 per jaar Hierdie geld help vir die maandelikse tarief wat ons vir ons 'hosting' firma betaal vir die server spasie wat ons gebruik.
Elke lid kan 4 fotos 'n maand inskryf. Fotos mag nie groter as 800x600 wees nie en in die jpg formaat. Gee elke foto 'n naam wat ook die naam van u inskrywing sal wees bv. Lente in die boland.jpg. Stuur dit per e-mail aan een van die onderstaande e-mail adresse. Stuur inskrywings na: Kliek hier vir e-mail Klub Reëls Beginner afdeling Elke nuwe lid kan self besluit ohf hy/sy eers in die afdeling wil deelneem om meer blootstelling en ervaring in fotografie op te doen voor hulle met die groot kokkedore begin kompeteer! Wanneer so 'n lid 12 keer 4 of meer punte toekenning kry word die persoon outomaties na die gevorderde afdeling oorgeplaas.
Natuur afdeling
Kameras Fotos selfinskryf
Frieda Prinsloo - Januarie 2007 (opgedateer Oktober 2008)
|