Leer ken die model eers, wen haar vertroue.
Neem die model alleen af, sonder bystanders (Geen kêrel, ma of
vriendinne nie)
Kom vooraf oor een met die model oor ‘n vorm van vergoeding.
Buitelig werk - altyd voor 10h00 en na 16h00 in die middag (wanneer
die lig sag is………. nooit in die middel van die dag nie!!)
Wees versigtig vir lig en skadukolle . Maak gebruik van‘n invul flits
indien daar lig en skadukolle is ( die flits sal die kolle weg neem.) skuif
verkieslike die model indien moontlik is.
Geen ligkolle Ligkolle.
Behou oogkontak ten alle tye met die model. (Persoonlike smaak)
Kyk vir liggies in die oë.
Sagte son wat deur die model se hare skyn van agteraf is ook mooi, maak
net seker dat die model se gesig nie te donker is nie.
Reël vooraf met die model om haar eie grimeering en verskeie uitrustings
saam te bring. (slenterdrag, swemklere, gymklere, ens.)
Pasop vir te bleek grimeering en sweetkolle op die gesig.
Spontane lag, effense glimlag, dromerig, hartseer uitdrukkings is ook
mooi.
Paar voorbeelde by die neem van portrette:
·
Metode 1: Hou haar kop effens skuins laat die model effens
skuins sit ook.
·
Metode 2: Dramatiese effek sal reg van voor sit ook werk
·
Metode 3 :Laat sy haar rug op jou draai, en sy loer oor
haar skouer en kyk vir jou.
Maak seker dat jou model regop sit en nie vooroor leun nie. Kyk vir
tekens van spanning op haar/sy houding, gewoonlik ‘n trek op haar/sy mond
of skouers is te styf regop.
Neem op dieselfde vlak as jou model af, m.a.w. moenie te laag buk as jy
af neem nie, (pas op vir wyehoek lense!!!)