Die gebruik van driepote met digitale kameras
Waarom is ‘n driepoot nodig?
Vir daardie fotos waar die sluiterspoed van die kamera te stadig is om die kamera stil te hou.
Waarom dan nie die flits (flash) gebruik nie?)
| Jy wil graag die natuurlike lig gebruik binnenshuis van lig wat deur die venster instroom om ‘n pragtige romantiese effek te skep. |
| Jy gebruik ‘n kamera met ‘n lang lens (12x) zoom. Al ooit deur ‘n verkyker gekyk en dit probeer stil hou? Dieselfde gebeur met ‘n kamera en jou foto is dan nie heeltemal skerp nie. Sekerlik baie moderne duurder digitale kameras het optiese stabiliseerders wat baie help daarvoor maar as die lig nie te goed is nie help dit dan nie veel nie. |
| Nag fotos of skemeraand fotos. Het al gesien dan persone teen skemeraand op bloubergstrand fotos van tafelberg met Kaapstad se liggies wat aankom met digitale
kameras met flits probeer afneem! |
Foto op Bloubergstrand geneem deur Anika van der Walt met 'n
driepoot en 'n Fijifinepix 2400 en tydskakelaar.
Watter tipe driepoot moet ek aankoop?
| Enige ligte stewige driepoot. Sien foto onder. |
| Dis handig as die driepoot hoog kan uittrek sodat jy in staande posisie kan afneem. |
| As die driepoot die moderne koppeling het wat jy onder aan jou kamera inskroef en dan vinnig met driepoot kan koppel wanner nodig |
Watter digitale kameras kan driepote gebruik?
| Die meeste van hulle tot die goedkoop modelle. |
| Kyk of daar onderaan jou kamera ‘n plek is waar iets kan inskroef dan is hy reg! |
Met SLR kameras het ons ‘n kabel (cable release) (sien foto) gebruik om te verhoed dat die kamera op die driepoot ruk as ons die knoppie druk.
Hoe kan ons met digitale kameras maak?
|
|
| Alle digitale kameras tot die goedkoper tipes het ‘n tydskakelaar (timer) wat jy aanskakel as jy jouself saam met ‘n groep wil afneem. Gebruik dit! |
| Meeste digitale kameras se tydskakelaars (timers) kan jy stel vir net 2 sekondes of 8 sekondes. Stel jou kamera op die 2 sekondes een sit kamera op driepoot druk knoppie en
in 2 sekondes word die foto gladweg geneem As jou kamera nie 2 sekondes kan stel nie gebruik die 8 sekondes een! |
Hoe sal ek skemeraand fotos neem van ‘n son wat ondergaan of ‘n stad se liggies wat aankom?
| Maklik. Die meeste kameras hanteer dit maklik op outomaties. Maak net seker dat jou flits (flash) afgeskakel is. Sit kamera op driepoot
fokus op toneel en gebruik tydskakelaar om die sluiter te laat afgaan. |
| Party kameras het ‘n spesiale verstelling (mode) vir nagfotos wat julle ook mee kan
eksperimenteer. |
Hoe kan ek daardie nagfotos neem waar die moters se ligte net strepe wys?
| Kamera op driepoot. Stel kamera van outomaties na handstelling (manual) Stel dan lensopening so op f5.6 of f8 en sluiterspoed
vir 'n hele 8 of 10 sekondes! |
| Fokus op die toneel en laat sluiter afgaan met tydskakelaar. Vir die volle 8 of 10 sekondes sal die lens oop bly (moet nie skrik en aan kamera stamp nie!) |
| Wat kry jy? Stilstaande voorwerpe en ligte van geboue is skerp maar waar moters gery het wys dit die streep van die agterligte of voorligte vir die tydperk wat die sluiter oop was. |
Hoe kan ek nagfotos van weerlig neem?
| Dieselfde manier as bo! Kamera op driepoot lensopening so op f5.6 of f8 en sluiterspoed op 8 of 10 sekondes of solank as wat jy dit kan oophou! |
| Waarom? Jy weet nooit wanneer ‘n weerlig gaan slaan nie maar op die manier kan jy dit opstel in die rigting waar die weerlig slaan en na verskeie pogings daardie
suksesvolle skoot kry! |
| Met SLR kameras het ons dit altyd met ‘n kabel (cable release) gedoen om die sluiter lank oop te hou. Onthou om jou tydskakelaar te gebruik!
Geniet dit
Jan Prinsloo
|
|