Graag wil ek die volgende inligting met u deel.
Baie keer wonder mense waarom sekere dele van hulle foto's 'afgesny' word deur die laboratorium. Wel, dit is eenvoudig om te verklaar. Fotos is reghoekig, met die een sy meestal langer as die ander. Kyk nou maar na die geval met my Canon 300d kamera. Die foto se afmetings is 3072 x 2048, sowat 6.3 mega grepe. Deel nou 3072 deur 1024 en jy kry 3, deel 2048 ook deur 1024 en jy kry 2. Dus, die verhouding tussen lengte en breedte is in hierdie geval 2:3. Nou maar wat het dit met beeldsnyding te doen, wonder u... eenvoudig dit - indien die finale produk se verhouding nie 2:3 is nie, gaan u beslis 'n gedeelte van u foto "verloor" a.g.v. beeldsnyding (in Engels noem ons dit CROPPING).
Hier is 'n tabel wat u kan help om te sien wat die verskillende foto-groottes se verhoudings is.
Naam Duime Sentimeters Verhouding tussen lengte en breedte
Jumbo 4"x6" 10cm x 15 cm 2:3
Jnr-A5 5"x7" 13cm x 18cm 5:7
Snr-A5 6"x8" 15cm x 20cm 3:4
A4 8"x10" 20cm x 25cm 4:5
Super-A4 8"x12" 20cm x 30cm 2:3
Ek hoop dit kan vir u van waarde wees. Indien u nog inligting in die verband verlang, kan u my kontak by
kondor@mail.com
Groete
Markus Leibbrandt
Dankie Markus dis baie nuttigge inligting - Frieda en Jan