|
|
Briewe van ledeStuur asb indien u 'n bydrae wil lewer. Vertel ons van jouself en jou stokperdjie. Deel jou ondervinding. Brief ontvang van Rick dankie Rick hoop jy geniet dit by ons.
15 Januarie 2012 My ondervinding in fotografie het in die jare van film begin - veral swart en
wit. Ek het nooit kleurfotos geneem nie omdat baie duur was. Ek het ook my my
eie ontwikkeling gedoen.
23 Mei 2011 Ek het laas week die ateljee kursus by Frieda van der walt bygewoon. Ek kan dit regtig aanbeveel by almal wat belangstel om 'n ateljee te bedryf. Dit leer jou alles omtrent die beligting uit verskillende hoeke en jy kan dit selfs buite toepas met 'n paar weerkaatsers. Om dit prakties te doen het baie voordele deurdat jy fisies met die flitse werk en so doende verstaan jy dit beter en enige vrae word dadelik beantwoord. Nou kan 'n mens al amper begin saampraat met professionele fotograwe. Doen dit gerus!!! Annelise Esterhuizen
ns Annelise kom van 'n klein dorpie Vanrhynsdorp af en het 'n hele week in Hartebos by Frieda van der Walt gaan klas loop! Volgens my mening is vrouens beter fotograwe as mans! Hier is 'n voorbeeld van een van haar ateljee fotos wat sy geneem het! Veels geluk Annelise! Jan
28 Oktober 2010 Lede se voorstelle vir spesiale kompetisie:
Die Kersfees gevoel.
Of iets soos die jaareid funksie blom.
Baie mense het mooi gedagtes
Hoop dit sal help.
Groete.
Jackie
1. Kyk op/kyk af.
2. "panning" dwars
panoramies verfilm. of Panoramiese skote skiet. (die naaste afr)
3. Glasware.
4. oog/oë.
Dit is vier idees van my kant.
Groete,
Peet Mostert.
Millennium Skool van Fotografie Om
die lede so bietjie te laat oefen kan mens ook straat ligte / straat
lewe doen, maar dit moet in die aand geneem word.
Karin
hoekom kan ons nie een maand net n studio/portrait foto
maand hou nie
yolande
20 Oktober 2010
Hallo Frieda en Vriende
Ja julle kan seker op julle rue val want ek was
so lank stil.
Ek het nou laasweek opgradeer na 'n spik
splinter nuwe
Canon 550D
Met lense en drasak.
Lens wat ek ook by gekoop het is die Sigma
170-500...........WoW nou kan ek ook die voeltjies mooooooi sien.
Ek het nog my Canon 350D met 100-300 lense en
extras as iemand dalk sou belangstel.
Groete vir eers
Shorty Terblanché
Goudveldse Jesus Film Span Operationele Kordineerder Sel +27 725025219 E-Pos : shorty@postnet.co.za
20 September 2010 Ek wil eers spog vanoggend hoe mooi my dogter gelyk het saterdag op haar troue.
Jackie Eksteen.
Janee kyk hoe pragtig lyk die bruid saam met haar baie aantreklike bruidegom! Geluk aan almal! 14 September 2010
Nogmaals dankie vir die geleentheid wat julle vir
ons bied om mee te ding & ons foto's te laat beoordeel.
Dit is vir my 'n groot voorreg om deel te wees van
'n klub, met soveel talentvolle fotograwe.
Beoordeelaars het 'n baie moeilike taak en almal
kan nie wenners wees nie. 'n Mens hoef ook nie saam te stem oor die meriete
van 'n wen foto nie. Elkeen kan mos maar sy eie gustelinge hê. Ek dink lede
moet 'n kopskuif maak en die klem eerder laat val op die voorreg om unieke
foto's met almal te deel.
Groete uit Gauteng
Doretha Kock Dankie Doretha vir die mooi woorde. Dis altyd duidelik vir ons wie hulle stokperdjie geniet en wie net deelneem om te wen!
Julie 2010 Goeie nuus ontvang van een van ons lede en ook baie gewilde beoordelaar Jacques Engelbrecht!
Hier is so paar van Divan se eerste fotos.
Baie geluk aan julle twee dis regtig 'n pragtige seuntjie!
|