Home Up

 

Up

 

Lenette Meyer Vrae en Antwoorde bladsy

Stuur julle vrae per e-mail aan die klub en ons sal dit dan in Lenette se bladsy plaas. As persone dit lees en dink julle het die antwoord vir die probleem e-mail die antwoord en ons plaas dit by die vraag.

Januarie 2007

Vraag: Ek wil net vir Martie bedank vir haar besondere beoordeling van die fotos. Nadat ek haar kommentaar oor my fotos gelees het, het ek krities daarna gekyk en stem met haar saam oor die kommentaar wat sy gegee het. Dit is goed wat die ameteur fotograaf baie maklik miskyk en dan lyk dit na 'n besondere foto maar daar is elemente in wat die foto nie baie goed maak nie. Ek het ook haar ander kommentaar oor die ander fotos gelees en gekyk na wat sy uitgewys het. Dit is 'n leer proses maar ek dink as die raad toegepas word kan die fotos net verbeter.

Daar is een aspek wat ek graag meer oor sou wou uitvind. Sy praat van lewe in die oë van die eland en die leeus wat ek afgeneem het. Ek het gaan soek op die net en in my fotografie boeke maar ek kry nie regtig raad oor hoe om dit te kry nie. As iemand my dalk raad daaroor kan gee sal ek dit baie waardeer.

groete
Michael Vorster

Antwoord: Hallo Michael,
Ja lewe in die oe: Ek gaan vir jou 'n voorbeeld insluit van 2 houtkappers. Jy moet 'n weerkaatsing in die oe kry dan lyk die foto sommer baie beter dit lyk of die dier lewe het. Jy moet hom dophou tot hy sy kop so draai dat jy 'n liggie of weerkaatsing in die oe het. Ek weet dit is moeilik. Dit is ook van toepassing op 'n mens. Neem jy 'n persoon buite af dan moet jy hom so draai totdat jy 'n weerkaatsing of liggie in altwee die oe kry.
Verder moet jy 'n dier of 'n landskap vroeg in die oggend afneem voor 10 uur en weer van na 3 uur in die middag. Wanneer die lig sagter is. In die middel van die middag is die lig plat dit val van reg van bo af

Jy sal sien die eerste houtkapper het nie 'n liggie in die oe nie en die tweede een het weer en kyk net die verskil! Die een met die weerkaatsing lyk sommer lewendig! Die fotos is met natuurlike lig afgeneem nie met flashes nie,
Vat 'n persoon gaan neem hom buite af en draai hom tot jy 'n weerkaatsing is sy oe sien en jy gaan sien wat 'n verskil!
Ek hoop dit beantwoord jou vraag. Dankie vir jou inskrywing. Jy sal sien die zeebra van jou het nie 'n weerkaatsing in sy oe nie as hy sy kop gelig het of in 'n ander rigting gedraai het sou jy wel 'n weerkaatsing gekry het.

groete Frieda


 

 

Vraag:Ek is bietjie verwar met die terme plat lig wat beteken dit? Hoe gaan mens te werk om dit te vermy?
Wanneer is die kontras te hoog? Ek weet nie eintlik waarvoor om te kyk nie. Help asb.
Gawie

Antwoord:  'n Baie goeie vraag, Gawie.  'n Foto het net twee dimensies en nou probeer ons om diepte ook te wys. Hoe?  Met die speel van lig en skaduwee is een metode.  As jy afneem op 'n baie bewolkte dag is jou beligting een skakering regdeur en gee nie diepte nie. Die foto lyk plat!  As jy saam met die son afneem met die son reg agter jou dieselfde ding! Plat lig. Maar neem nou die son effens van die kant af wat gebeur? Boomstamme wys lig aan een kant en donker aan die ander kant !  Nou het jy diepte in jou foto!

Al ooit gekyk na 'n ateljee portret?  Hoe mooi is die gesig se beligting opgestel met een kant effens donkerder en hare bo meer verlig?  Lyk pragtig!  Diepte in die foto.  Skiet nou die portret met flits reg van voor wat het jy? Skerp foto maar plat lig. Plat lig werk natuurlik soms ook goed met sagte romantiese fotos! Nie altyd so maklik vir die fotojoernalis fotograaf nie wat vinnig moet skiet soms in moeilike situasies!

Kontras wat te hoog is?  Film en digitale medium is nie so goed as 'n mens se oog nie wat vinnig regstellings maak tussen lig en donker plekke nie!  Al ooit iemand in die son afgeneem van voor teen 12uur met die son reg van bo? As die beligting reg op die son gedeeltes is vertoon die oogholtes as donker kolle met geen detail op nie.  Waarom?  Die kontras tussen die son gedeeltes en die skaduwee gedeeltes is te hoog! Belig jy vir die skaduwee gedeeltes is die son gedeeltes weer uitgewas!  Hoe nou gemaak as jy moet die foto so neem? Belig vir die son en vul die skaduwee gedeeltes in met jou flits op flits "fill in mode"  Dit laat die skaduwee gedeeltes nog effens donkerder lyk as die son gedeeltes maar jy het nog diepte en detail! ooit gesien op televisie as hulle modelle afneem dan hou een 'n groot weerkaatser aan een kan?  Dieselfde ding maak die skaduwees effens ligter.  'n Koerantpapier werk ook goed in 'n geval van nood vir 'n weerkaatser.

Kontras kan ook te hoog wees soos in die artkel onder beskryf in vroeg oggend landskappe of bewolkte landskappe as jy belig vir die voorgrond en dan is die horison weer uitgewas!

Hoop dit help!
Groete Jan

Vraag:  Vanoggend het ek weer my moses teengekom.Ek kon op geen manier op enige verstelling van die kamera die wolk formasie agter die bome uitbring nie. As ek dit alleen afneem, dan redelik maar die bome aan die kant van die foto is uit fokus uit.Wanneer ek die gloed van diebome wil vasvang verdwyn die berge en die wolke.

Ek heg sommer 'n paarvan die fotos wat ek geneem het aan. Ek het eers vir my n UV filter gekoop, die filter het nie juis vir my sigbare vebeterings op my fotos gebring nie. Nou het ek n PL donkerkleurige filter opmet die doel om die blink weerkaatsings te verminder, maar ek wonder somtyds of dit nie deel van die probleem is nie. Ek het ook die ingeboude blou en rooi filters gebruik. Die blou filter het die effek wat ek wou vasvang heeltemal laat verdwyn.Seker te verstane. Is daar n ander tegniek wat ek kan probeer?


Groete
Gawie

Wat is die probleem hier? Eenvoudig. Kontras. Film of digitale medium kan nie die geweldige kontras tussen die donker landskap en die helder lig vroeg in die oggend hanteer nie. Of jy lig jou kamera op vir ‘n beligting op die son wat opkom of ondergaan en ‘n pragtige foto kry met jou voorgrond donker en in ‘n silhoeët of jy sak jou kamere vir ‘n beligting op die voorgrond en kry dan ‘n uitgewaste horison.

Soms neem jy ‘n foto op ‘n bewolkte dag en met die beligting op die voorgrond kry jy ‘n vaal uigewaste lug. Jy wil dit graag verbeter maar hoe?

Kleur filters byvoeg op ‘n digitale kamera help nie. Waarom? Omdat jy die meeste van die tyd jou witlig verstelling op outomaties het. Wat maak die sogenaamde witlig (white light) verstelling?

Ons sien allas rondom ons in verskillende spectrum van kleure. Hoe hoer dit in die spektrum van lig gaan soos in sonlig hoe blouer is die toneel. Hoe laer jy gaan soos binneshuis met ‘n gewone tungsten gloeilamp hoe geler en selfs nog laer met kerslig hoe rooier word die toneel ook met sonsondergange.

< Mens se oog is ‘n wonderlike ding en korrigeer outomaties vir die veranderinge. Maar jou kamera kan nie. In die geval van gewone kameras moes jy film gekoop het wat vir daglig gemaak is of vir tungsten beligting. Selfs dan moes die kleure soms met filters verbeter word.

Jou digitale kamera is slim en doen gedurig op outomaties verstellings om daarvoor te verbeter. Nou sit jy ‘n blou filter op. Wat gebeur? Kamera korrigeer outomaties deur meer geel te gee. Of enige ander kleur. Goed jy kan jou kamera se witlig stelling met die hand stel en dan sal jy filter effekte waarneem. Waarvoor dit doen? Sal nie jou kontras probleem oplos nie!

In die oudae het ons dit in die donkerkamer opgelos deur lig van sekere areas terug te hou of op ander areas meer lig te gee. Dit was genoem “burning in and dodjing”

Maar wat maak ons nou met die digitale fotos? Maklik kry ‘n goeie foto redigeer program en redigeer die foto op jou rekenaar (jou nuwe donkerkamer!)

Jy kan 2 fotos neem een met die klem om die horison en een met die klem op die voorgrond en saamvoeg met (layers) lae in jou program en dan met maskers (masking) jou voorgrond terugbring na sy oorspronklike beligting en dan die twee lae saamsmelt (merge) tot ‘n nuwe foto. Jy kan selfs uit ander fotos wolke uitsny en byvoeg op jou foto. Enigiets is moontlik! Jou fotos swart en wit maak of sepia kleur of spesiale effekte!

So kry vir jou ‘n goeie foto redigeer program soos Adobe photoshop of enige ander goeie een en laat waai!

Filters wat wel nuttig op ‘n digitale kamera is is een om jou lens te beskerm (kan jou beeld kwaliteit verlaag) en die polariseerder filter (polorising filter) wat jy dwars met die sonlig draai om die blou van die lug donkerder te maak en jou kleur te verbeter. Maar selfs hier kan jy dieselfde effek skep met jou foto redigeer program!

Sien artikel op internet by  http://www.luminous-landscape.com/tutorials/digital-blending.shtm

Groete
Jan Prinsloo